Die Kruin Kommando
REGISTRASIE & LEDEGELD
Wat moet jy weet?
LEDEGELD 2025
Ledegeld beloop R1 000 per kind vir die volle jaar en is afbetaalbaar. Fakture word per e-pos uitgestuur. Ledegeld word as volg aangewend:
- R600 registrasie-geld wat oorbetaal word aan Die Voortrekkers se Hoofkantoor, insluitend administratiewe fooie
- R400 wat direk bestee word in span-aktiwiteite vir die kinders deur die loop van die jaar
Ledegeld struktuur moet goedgekeur word deur Die Kruin se algemene jaarvergadering 2025.
Ledegeld vir volwasse lede:
- Offisiere sonder spanne: R570
- Heemraadslede: R300
- Staatmakers (onder 28): R260
- Jeugvriende: R0
Offisiere met ‘n span: Ledegeld word namens span-voogde betaal.
Bankbesonderhede:
Die Kruin Kommando
Absa Tjek: 090480790
Verwysing: Lidnommer & Van
Kontak ons kommandoleier vir aansoek om subsidie.
REGISTRASIE
Alle persone wat wil deelneem aan Voortrekker-aktiwiteite moet registreer – hetsy as lede of as jeugvriende.
Wenk met die invul van die vorm:
- Gebied: Begenbos
- Kommando: Die Kruin
- Kies jou lidmaatskap-tipe
